Local sportSport
Manne buig die knie in Mbombela teen hul opponente
Nelspruit Rugbyklub het die afgelope Saterdag Malelane se tweede span met 29-5 in die Laeveld Top 5 Liga-semifinale in Mbombela geklop.

Alhoewel die Malelane-manne se gesindheid reg en spel uit die boonste rakke was, het Nelspruit nie vir ‘n oomblik bes gegee nie en met suiwer wilskrag die punte op die telbord gesit. Teen rustyd het Nelspruit met drie drieë voorgeloop en Malelane het hulle bes probeer om punte op die bord te kry.
In die tweede helfte kon Malelane daarin slaag om ‘n drie te druk maar die verdoelskop is verbrou.
Die spelers van die wedstryd was Barend Erasmus in die voorry en Gordon Masaele in die agterry.
Nelspruit is deur na die finaal en hul opponente sal dié naweek in die wedstryd tussen Barberton en Witrivier op laasgenoemde se tuisgrond bepaal word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
