Local sportSport

Impalas se oorwinning bring halfeindstryd na hul tuisveld

Die Impalas het op 19 Julie, vir hulself 'n tuis-semifinale verseker toe hulle Hazyview met 14-10 geklop het. 

Saterdag 26 Julie, sal die eerste keer in 14 jaar wees dat Komati se manne hierdie voorreg het en daar heers groot opgewondenheid in die kamp.

Afrigter Hein Dreyer nooi almal in die omgewing uit om hul steun aan sy span, wat hierdie seisoen werklik goed presteer, te kom gee. 

Dit behoort ‘n taai wedstryd teen Nelspruit te wees en alle ondersteuning sal waardeer word. Saterdag se wedstryd op Hazyview, was ‘n klipharde een wat eers in die laaste minuut deur Komati gewen is. 

Die Impalas het vroeg in die wedstryd punte aangeteken toe Basjan Kok ‘n drie gedruk het. 

Tiaan Nel het met sy skopskoen nog twee punte bygevoeg.

‘n Beslissings van die skeidsregter het egter hierna sterk onder bespreking gekom en vir groot ongelukkigheid in die Onderbergspan gesorg. 

Hazyview het ‘n drie gedruk en verdoel en later ook ‘n strafdoel aangeteken. 

Die Impalas het hierna lank met 10-7 agter geloop. Hulle het drie keer by die doellyn gaan gekuier, maar volgens die skeidsregter se beslissings, geen drie aangeteken nie. 

Daar is ook twee kanse verspeel waar daar wel punte aangeteken kon word. 

In die laaste tien minute was die spelers sterk op die aanval en met slegs een minuut speeltyd oor, het Francois Louw van Komati na ‘n lynstaan oorgedryf vir ‘n drie in die hoek. 

Tiaan Nel het met ‘n baie moeilike doelskop van die kantlyn af geslaag, waarna die eindfluitjie geblaas het. 

Spelers wat uitgeblik het, was voorlangs Manie Vermaak en Pieter Engels. Agterlangs het Wilmer Els en Tiaan Nel elk ‘n baie goeie wedstryd gespeel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button