Local sportSport

Nog beoordelaars kwalifiseer

Nelspruit Gimnastiek Akademie het verlede week die skoolvakansie benut om afrigters en deelnemers as beoordelaars te laat kwalifiseer.

Die kursus, aangebied by die akademie wat by Hoërskool Bergvlam geleë is, het gefokus op die beoordeling van mansgimnaste. 

Soos Ratau van Rensburg, hoofafrigter van seuns in die hoër grade by die akademie verduidelik het, het die kursus vlakke een en twee van vier wat beskikbaar is vir beoordelaars op nasionale vlak behels.

Percy Mbokane, hoofafrigter van seuns in die laer grade by die akademie, het die vlak twee kursus gedoen.

Die ander was Russel Mculu wat die beginner-seuns by die akademie afrig, sowel as Hanno Bijzet, ‘n leerling. Lynn Wallace en Wade de Lange van Hazyview het ook die kursus bygewoon.

Van Rensburg het gesê dis standaard vir seuns om op sesjarige ouderdom met gimnastiek te begin, en meisies op vyf. Voornemende gimnaste kan egter tot op 14 begin.

Navrae: 083-229-1575.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button