Local sportSport
Impala gee die toon aan in hokkie-liga
Mpumalanga se klubhokkie-liga is Sondag voorgesit - en nog aksie wag in Witbank hierdie komende naweek.

Die wedstryde is by Lowveld High gespeel en Impala was gasheer vir Nelspruit se hokkieklub se eerste manspan. Die wedstryd het voor 10:00 begin en daar is geen doele in die eerste helfte aangeteken nie. Die spelers was wel minder doelloos, maar nie een van die spanne kon die oorhand kry nie.
Ongelukkig vir Nelspruit het hierdie stand van sake in die tweede helfte verander.
Kyle Hoffman het die eerste doel aangeteken, wat toe deur Gus Van Niekerk en Maurice Meyer se doele opgevolg is vir Impala om met ‘n finale puntetelling van 3-0 te wen.
Hou ons webwerf dop vir die komende hokkieliga-aksie en uitslae.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
