Kompetisie met ‘n kinkel in die kabel is vet pret
Vrydagaand het die heel eerste chicken run by Castle Hill Country Lodge plaasgevind.

En nee! Hoenders het nie resies gehardloop nie. Die Mbombela Veerpyltjievereniging het ‘n potspel- en veerpyltjiekompetisie aangebied.
Alhoewel dit gewoonlik ‘n prettige affêre is, is dit steeds kompeterend. Ouers voel selde dat hul kroos welkom is, maar by die chicken run is dit anders.
Na aanleiding van hierdie wedersydse gevoel onder plaaslike sportmanne, is daar besluit om ‘n gekombineerde potspel-en-veerpylkompetisie te hou, maar met die fokus op familiepret. Die eerste prys is ‘n hoender, en die persoon wat die slegste gevaar het, wen die pote.
Wat dit vir almal heerlik maak, is die feit dat hul gesinne ‘n heerlike aand saam met hulle kan geniet. Die wenner van beide die potspel-en-veerpylkompetisie is was Alistair Chaffey. Na aanleiding van die aand se sukses, gaan die volgende een op 8 Augustus om 19:00 vir 19:30 plaasvind.
