Meer veerpyltjiespelers vir Mbombela word gesoek
Die Mbombela-veerpyltjieklub nooi alle belangstellendes om by hulle aan te sluit.
Die nuwe ligas begin binnekort en meer spelers maak vir ‘n sterker klubspan.
Die nuwe voorsitter Hennie de Beer, is Saterdag tot voorsitter van die klub tydens hul jaarvergadering by Castle Hill Country Lodge verkies.
Buiten die ligas (waarvan daar verskeie is) wat in September afskop, ontmoet die klublede eenmaal per maand om te vergader en ‘n pot pyltjies te speel.
De Beer verduidelik dat daar ook blokkompetisies is waarin besighede, spanne kan inskryf, iets wat die klub aanmoedig.
Spelers wat minder kompeterend wil meeding, kan egter elke tweede Vrydagaand (die volgende aand is volgende week) sosiaal veerpyltjies saam met die klub by Castle Hill gaan speel.
Navrae: De Beer by 082-892-9957. Sien meet foto’s hier.
