Local sportSport

Komati spog met twee spanne in die Beeld-trofee

Die spanning op Komatipoort se veld het byna breekpunt bereik tydens die Beeld-trofee se kwartfinaal vir kleiner skole wat Saterdag 9 Augustus aangebied is.

Die spanning op Komatipoort se veld het byna breekpunt bereik tydens die Beeld-trofee se kwartfinaal vir kleiner skole wat Saterdag 9 Augustus aangebied is.

Twee spanne van Komatipoort Akademie het vanjaar deurgedring, die o/15’s en die eerste span.

Die o/15-seuns het Balfour oortuigend met 19-7 gewen en sodoende na die semifinale teen Koster deurgedring.

Joubert Willers het die eerste drie aangeteken wat deur Charl Marais verdoel is. Glen Khoza het nog ‘n drie gedruk wat die halftydtelling op 12-0 te staan gebring het.

Charl Marais het nog vyf punte aangeteken en dit self verdoel. Balfour se binnesenter het ‘n drie gedruk wat verdoel is en die eindtelling was 19-7.

Die span was as volg: heelagter Siphiwa Tshabalala, regtervleuel Johan van den Berg, buitesenter Franco Stander, binnesenter Joubert Willers, linkervleuel Dricus Burger, losskakel Charl Marais, skrumskakel Sheldon Nel, agsteman Glen Khoza, regterflank Manelisi Mogiba, linkerflank Paulo Goncalves, slot Buks Nel, slot Dirk Koekemoer, vaskopstut Damon van Greunen, haker Alex Swanepoel, loskopstut Pieter Ohlsen. Op die bank was 19 Coenie Labuschagne, 20 Dalvin Roberts en 22 Irvin Sithole.

Komatipoort Akademie se eerste span, wat verlede jaar deurgedring het na die Beeld-trofeefinaal en wat vir die eerste keer in die geskiedenis hier by Komatipoort Akademie aangebied is, kon vanjaar nie die pyp rook in hul wedstryd teen die sterker span van Heilbron nie.

Daar is baie strafskoppe teen die tuisspan toegeken maar teen rustyd het dit nog gelyk of hulle ‘n kans het om die knoop deur te hak. Die oppononente egter het daarin geslaag om nog twee drieë in te ryg en te verdoel.

Komati se punte is as volg aangeteken: JD Kruger druk twee drieë, Innocent een drie, en JP Marais verdoel twee drieë en stuur twee strafskoppe deur die pale.

Die eerste span het bestaan uit: heelagter JD Kruger, regtervleuel Innocent Khoza, buitesenter Jonathan Loubser, binnesenter Justin Nel, linkervleuel Teddy Zitha, losskakel Tiaan Bekker, skrumskakel Marcian Minnaar, agsteman JP Marais, regterflank Dylan Veldsman, linkerflank Barend Willers, slot Keagan Visagie, slot Johan van den Berg, vaskopstut Leon du Randt, haker Tian de Klerk, loskopstut Louis Wolmarans. Reserwes: 16 Nicky Lazarides, 17 Deville Kruger, 18 Ian Kruger, 19 John Wright, 20 Jorge Goncalves, 21 Calvin Barnard.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button