Laeveld o/13-hokkie eindig eerste in Ehlanzeni en tweede in Mpumalanga
Die 0/13-seuns-hokkiespan wat voorwaar ‘n uitstaande hokkie seisoen beleef het. Hulle het as kampioene uit die stryd getree deur die Ehlanzeni wenners te word asook naaswenners in Mpumalanga.

Hulle het tydens die Ehlanzeni-uitspele in die halfeindstryd teen Penryn College te staan gekom. Dit was ‘n senutergende 40 minute en na ‘n titaniese stryd tussen die twee spanne, waar Laeveld soms net met nege man gespeel het, hul hul naelskraap met 1-0 gewen.
In die eindstryd het Laeveld teen Laerskool Lydenburg te staan gekom. Dit was nie ‘n veel makliker wedstryd nie. Die verdedigers en doelwagter het aanval na aanval trotseer en die 6 voorspelers het uiteindelik deur die verdediging gedring en in ‘n naelbytstryd 1-0 gewen om as Ehlanzeni wenners uit die stryd te tree.
Tydens die Mpumalanga-uitspele het 12 van Mpumalanga se beste skole kompeteer. Laeveld het in koel weer albei hul poel-wedstryde teen Middelburg (2-0) en T.P. Stratten (3-0) met slim spel en harde houe gewen.
Die kwart-finaal was teen Laerskool Oranjegloed en ten spyte van mistige reën het die manne se uithouvermoë hul met 1-0 laat deurdring tot die semi-finaal. Hier het Laeveld teen Laerskool Kruinpark te staan gekom waar hul oortuigend met 2-1 gewen het om sodoende in die finaal te kan speel.
Die finaal teen Laerskool C.R. Swart het hul met manne moed aangepak, maar moes ongelukkig die knie buig teen ‘n beter span en het 3-0 verloor. Baie geluk seuns – julle is voorwaar kampioene! Laerskool Laeveld se hart klop warm vir julle.
