Local sportSport

Jong dogter stof gesoute spelers by jaarlikse toekennings uit

Die 17-jarige Amanda Schmahl het elke moontlike prys by die Mbombela Veerpyltjie Vereniging se toekenningsaand opgeraap.

Dit het onlangs by Castle Hill Lodge plaasgevind.

011

Sy het die trofee vir die mees presterende vrou by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe verower en is ook as die top-ligaspeler aangewys. Bowenal dié pryse, is sy as die sportvrou van die jaar gekroon. Amanda het 117 keer ‘n 180 vasgepen. “Ek is baie trots op my prestasies – veral omdat ek stof in die meer ervare spelers se oë geskop het.”

019

Die mans se Petrus Schoeman se naam is ook gedurende die aand ‘n hele paar keer gelees. Hy het die prys as sportman van die jaar ontvang en het ook die beste by die SA’s presteer. Schoeman het die trofee vir beste ligaspeler in sy sak gesteek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button