Swemmers probeer horlosie klop
Swemmers van Mpumalanga en selfs sover as Limpopo het Saterdag hulle staal kom wys by die derde, en ook derde laaste Mpumalanga Age Group-swemgala by die Van Riebeeckpark-swembad.
Swemmers van Mpumalanga en selfs sover as Limpopo het Saterdag hulle staal kom wys by die derde, en ook derde laaste Mpumalanga Age Group-swemgala by die Van Riebeeckpark-swembad.
Alhoewel die kompetisie uiters straf was, is daar by geen van die bogenoemde galas medaljes of wenners nie. Swemmers swoeg om hul tye op Swem Suid-Afrika se databasis te verbeter ten einde te kwalifiseer vir deelname aan die onderskeie streeks- en nasionale kampioenskappe.
Milan van Veenhuyzen van Vumela Aquatics in Mbombela het sy aanhangers en afrigter, Karlien van Heerden laat bars van trots deur die derde swemmer van Mpumalanga te word om hierdie seisoen vir die SA Nasionale Jeugkampioenskappe te kwalifiseer. Chad Hawley van Uniswim Uplands en Lize-Mari Drummond van Uniswim Nelspruit het ook reeds hulle plek vir dié seisoen se kampioenskappe verseker.
Al drie is deel van Mpumalanga Akademie van Sport se atleet-ondersteuningsprogram. Die SA Nasionale Jeugkampioenskappe vind in April in Durban plaas saam met die SA Nasionale Seniorkampioenskappe. Organiseerders en afrigters wens hierdie swemmers alle sterkte toe met hulle voorbereiding en wag in spanning om te sien wie die oorblywende twee plekke gaan vul.
