Local sportSport

Laeveld Ruiterklub spring in om diere te help

Alle opbrengste is aan die dierebeskermingsvereniging DBV geskenk.

Perdeliefhebbers vertel graag daar is net twee soorte mense: Dié wat lief is vir perde en diegene wat nie is nie. Lede van die Laeveld Ruiterklub het onlangs met albei hande die geleentheid aangegryp om op hul perde aan speletjies deel te neem, en boonop vir ‘n goeie doel.

Die Western Games is op 14 Februarie by Pelipa Ranch op die Hilltop-pad deur die klub aangebied.

Dit behels dat perde in verskillende patrone resies jaag. Sommige speletjies verg ook uitdagende take van die ruiter, soos om vlaggies van een emmer na ‘n ander te dra, en dit is moeiliker op die perd se rug as wat ‘n mens sou dink.

Western games (3)

Alle opbrengste van die dag is aan die dierebeskermingsvereniging (DBV) geskenk. Renette Whitehead van Pelipa Ranch Kennels vertel hulle kon nagenoeg R1 000 insamel om die DBV met kos by te staan vir die diere waarna hulle daagliks omsien.

Ruiter Tian de Bruin en sy perd Daisy het baie goed gevaar en kon in vier van die vyf speletjies wen. Die ruiter en perd se wentye was 23:14 in die paalbuiging, 10:75 in spoedbal, 11:06 in spoedvaatjies en 16:64 in die “Big-T”.

Western games (7)

Chaney Mullen op Staal het met ‘n tyd van 18:73 die vaatjieresies gewen. Die organiseerders het almal wat tot die sukses van die dag bygedra het, bedank.

  • Sien meer foto’s hier.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button