Local sportSport

Groot belofte op tennisbaan

Daar kan straks 'n paar Kevin Andersons uit die Laeveld se geledere kom met die tipe tennis wat hier gespeel word.

Na die afloop van die Laeveld geslote 3-toernooi wat verlede naweek plaasgevind het, het gereelde presteerders se name weer opgeduik: Lani Swart, JP Visagie, Michelle Boshoff, Ruben Grundlingh, Clarissa Boshoff, JJ Kriek, Ané van Vuuren en Schalk Schutte.

Ané en Anneri het mekaar in die eindstryd van die o/18-dogters gepak. Dié twee is nie meer vreemd vir mekaar nie met die dat hulle reeds in hul eerste twee toernooie teen mekaar in die eindstryd te staan gekom het. Ané loop net-net voor met 3 500 punte teenoor Anneri se 3 400.

Die o/18’s se Griffen Madden wat sy vorige twee wedstryde gewen het, was nie by die afgelope toernooi betrokke nie. Schalk is tweede op die punteleer met 2 300 punte, maar hy het ook nie aan die eerste geslote toernooi deelgeneem nie. Dit gaan interessant te wees om te sien of Schalk en Griffen mekaar op die laaste toernooi wat aan die einde van Mei plaasvind, gaan raakloop.

Die laaste toernooi vind van 29 tot 30 Mei op onderskeidelik Van Riebeeckpark, Hoërskool Nelspruit en Panorama se tennisbane plaas.

Só lyk die uitslae na die afgelope naweek se wedstryde
Dogters o/11
• Wenner: Lani Swart
• Naaswenner: Liza Buys

Seuns o/11
• Wenner: JP Visagie
• Naaswenner: Wikus van Biljon

Dogters o/13
• Wenner: Lize van Biljon
• Naaswenner: Michelle Boshoff

Seuns o/13
• Wenner: Du Toit Wessels
• Naaswenner: Ruben Grundlingh

Seuns o/15
• Wenner: JJ Kriek
•Naaswenner: Stephan de Haas

Dogters o/15 en o/18 gekombineerd
• Wenner: Ane van Vuuren
• Naaswenner: Anneri Mans

Seuns o/18
• Wenner: Schalk Schutte
• Naaswenner: Rudolf Sippel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button