Rugbykoors vier hoogty toee spanne mekaar die stryd aanse in toernooi
Die reën kon nie verlede naweek die rugbygees by die jaarlikse Malalane Rugbyweek demp nie.
Die reën kon nie verlede naweek die rugbygees by die jaarlikse Malalane Rugbyweek demp nie.
Die byeenkoms is een van die grootste vriendskaplike toernooie
in die Onderberg en het vanaf 27 tot 28 Februarie by Malelane Rugbyklub plaasgevind.
Twaalf spanne het die naweek hul staal gewys en hul seisoen op ‘n indrukwekkende wyse begin.
Die klub bedank al die spanne wat gedurende die loop van die naweek deelgeneem het. Sonder die spanne en borge sou die naweek nie so ‘n groot sukses gewees het nie.
“Voorspoed vir al die spanne die komende seisoen. Dit was ‘n eer om hierdie naweek te kon aanbied. Rugby was die groot wenner op die einde van die dag,” het Eugene du Toit, voorsitter van Malelane Rugbyklub genoem.
“Ons sien alreeds uit na volgende jaar se rugbyweek,” het hy bygevoeg.
Malalane Rugbyklub bedank ook BUCO, Impala Elektries, Onderberg Besproeiing, Malelane Toyota, Hi-Tech Sekuriteit, Coastal Tool Hire, Mascor Malalane, Barberton Ford en PG Glass Malelane.
“Sonder hierdie bystand en ondersteuning van ons borge sou die naweek nie so groot sukses gewees het nie,” het hy afgesluit.
