A-span wys hulle is tops
Die Laeveld Mans A-span is as wenners van die binnenshuise kriekettoernooi van die Noord-distrik wat die afgelope naweek deur Nelspruit Action Sports aangebied is, gekroon.

Altesaam 16 spanne oor vyf provinsies het deelgeneem. Die eindstryd het Sondagoggend plaasgevind waar die Laeveld Mans A-span teen die Laeveld
Uitnodigingspan gespeel het en hulle met 23 lopies geklop het.
Die uitnodigingspan se Jacques Kruger en Allen Roets het eerste deur die nette geklim om te gaan kolf. Hulle het 30 lopies aangeteken.
Frikkie van Wyk en Irfan Hoosen het daarna die kolfwerk gedoen en kon moontlik die wedstryd vir hul span wen, maar hulle het die geleentheid deur hul vingers laat glip met dié dat hulle nie een enkele lopie kon aanteken nie.
Die wenspan se Erenst Kruger en Morné Swart het met hul eerste kolfbeurt, die tweede meeste lopies van die vier pare aangeteken. Jacques du Plessis en Sarel Venter het met hul tweede kolfbeurt 32 geslaan.
Die 27-jarige Venter is as die man van die wedstryd aangewys. Hy het 22 lopies aangeteken en 4/1 geboul. Venter het veral sy opponente se kaptein, Van Wyk, met die bal in die hand opdraande gegee.
Die Laeveld het vyf spanne ingeskryf waarvan drie goud gekry het, een silwer en die ander span het in die bronsfinaal verloor.
Tien Laevelders was deel van die All Stars-groep:
• Arno Gie, Erenst Kruger, Morné Swart, Cornel Gouws, Dane Heyneke, Irfan Hoosen, Liam Morgan, Jacques Kruger en Wesley Cerff.
Wenspan:
Jacques du Plessis
Arno Gie
Sarel Venter – speler van die wedstryd
Erenst Kruger
Mornê Swart
Ettiene du Plessis
Cornel Gouws
Dane Heyneke
Naaswenners:
Irfan Hoosen
Jacques Duvenhage
Allen Roets
Liam Morgon
Jacques Kruger
Frikkie van Wyk
Francois du Toit
Peter Susmak.
