Plaaslike ster verteenwoordig binnekort sy land
Die doel van die toer is om soveel moontlik ervaring op te doen voor die einde van die jaar se kwalifiserende wedstryde vir die wêreldbeker.

‘n Plaaslike sportster, Jaice Terblanche van Barberton, gaan binnekort sy land verteenwoordig wanneer hy vir die SARL Rhinos in Australië gaan uitdraf. Die toer skop op 21 April af en eindig 3 Mei. Hulle gaan ondermeer teen die Brisbane Broncos kragte meet. Die Broncos lê tans 16de op die internasionale rugbyliga se ranglys. Die doel van die toer is om soveel moontlik ervaring op te doen voor die einde van die jaar se kwalifiserende wedstryde vir die wêreldbeker. “Ons is almal baie opgewonde vir oor die toer en sien baie uit na die ongelooflike ervaring wat dit beloof om te wees,” sê Terblanche.
Read more about Jaice Terblanche and rugby league here
