Local sportSport

Gholfspelers swaai hul stokke vir skool

Fathers Ground, die 13-jarige organisasie bestaan tans uit 90 lede met die gemeenskaplike doel om deur fondsinsamelingsprojekte, soos dié gholfdag, geld in te samel vir verbeteringe en opgraderings aan Laerskool Witrivier.

Ongeveer 106 gholfspelers het Vrydag kragte gemeet by die tweede Fathers Ground Gholfdag by Witrivier-buiteklub.

Fathers Ground, die 13-jarige organisasie bestaan tans uit 90 lede met die gemeenskaplike doel om deur fondsinsamelingsprojekte, soos dié gholfdag, geld in te samel vir verbeteringe en opgraderings aan Laerskool Witrivier.

Hierdeur word leerders gehelp om op akademiese, kulturele en op sportgebied hul volle potensiaal te bereik. Hulle doen ook projekte volgens die skool se behoeftes en het verelde jaar ondermeer stoorkamers vir die sporttoerusting opgerig en is tans besig met ‘n verkoopslokaal by die rugby-en hokkievelde. Deur te oordeel aan die goeie gees op die baan, sê Corrie Minnaar, voorsitter van Fathers Ground, blyk dit asof die spelers hul gate uit geniet het.

“Dit is ons tweede gholfdag en ons kry ongelooflike ondersteuning van plaaslike besighede en instansies en selfs besighede so ver as Johannesburg. Ons is regtig geseënd wat dit aanbetref en ons wil graag elke borg, speler en ondersteuner bedank vir hulle bydrae om van ons gholfdag ‘n reusesukses te maak.” sê Minnaar.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button