Jong spelers mik vir glorie
Tydens die Internasionale Krieket-vereniging se Junior Wêreldbyeenkoms in Australië, gaan drie plaaslike dogters in aksie wees.

Jamie de Vos (Curro), Anerike Jacobs (Hoërskool Nelspruit) en Katie Prior (Uplands) vertrek later vanjaar na Brisbane om aan die toernooi deel te neem wat op 25 September begin.
Die finale span is onlangs in Centurion, Pretoria aangekondig. “Ons het ‘n kalender opgestel en trek al kruisies. Ons weet daar lê harde werk vir ons voor, maar ons kan nie wag om vir die eerste keer aan só groot toernooi deel te neem nie,” het die dogters vertel. Ruben de Lange, ook ‘n plaaslike speler, voer die o/18’s aan en Cambell Davies-Webb is in die o/16-span ingesluit.
Die gesogte afrigter van die Laeveld, Eric Grimaldi toer ook saam met die span waar hy die o/18’s se breier is.
