Local sportSport
Oud-nellie is beste by Sewes
Die Blitsbok-krulkop van die Laeveld, Werner Kok het die afgelope naweek 'n groot klop op die skouer gekry.

Die oud-skolier van Hoërskool Nelspruit is as die speler van die afgelope Hong Kong Sewestoernooi aangewys. “Ek was so verbaas toe my naam uitgeroep word. Ek het glad nie die prys verwag nie,” vertel Kok wat tans in Tokyo vir die Japan Sewestoernooi is. Dit begin op Saterdag 4 April en die eindstryd word die volgende dag gespeel.
Die Blitse het net-net 7-5 teen Australië in die kwarteindstryd gewen. Kok het die wendrie aangeteken. Die groen-en-goud het daarna in die beker-halfeindstryd 21-15 teen Fidji verloor.
Legendariese spelers soos Waisali Serevi en Jonah Lomu is ook voorheen vir die prys benoem.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
