Local sportSport

Klub leer ‘n ieder en elk weer die genot van skiet

Sportskiet is groot pret en enigiemand is welkom om te begin leer hoe om wapens te hanteer.

Is jy in besit van ‘n vuurwapen, maar weet nie wat om daarmee te maak nie? Baie mense erf soms wapens, maar weet nie hoe om dit te hanteer nie. Jy kan dit gaan ingee by ‘n polisiestasie, en as jy jou wapen die gebruik nie, doen dit eerder as wat hy in ‘n kluis sit vir jare.

Dis die aanbeveling van Louis Rautenbach van Sport en Jag Mpumalanga Laeveld. Hy raai mense eerder aan om te leer hoe om hul wapens te gebruik, en dit dan vir sport aan te wend.

Die klub hou maandeliks ‘n kompetisie tussen lede in Barberton waar eienaars van verskillende vuurwapens teen mekaar skiet. Dit was Saterdag weereens die geval by Regiment Botha in Barberton.

Die jaggeweer-deelnemers skiet uit ‘n sittende, staande of lê-posisie na nader en verder teikens om hull aanpassing by die aftrek van die koeëls te oefen en te toets. Dit word dan gebruik om die span te bepaal wat die area by die jaarlikse nasionale sportjagtoernooi te gaan verteenwoordig.

Daar is ook kompetisies vir skutte met ander wapens soos pistole, rewolwers en ook haelgewere waarmee deelnemers kleiduiwe skiet.

Klubvoorsitter Dennie Taljaardt sê hulle is baie bevoorreg om dié baan, geleë tussen Barberton se groen koppe, te kan gebruik.

Rautenbach nooi ieder en elk om te kom leer hoe om hul wapens te gebruik, of by hulle te begin wanneer hulle dit oorweeg om een aan te skaf. “Ons bied kussusse aan waar ons jou van al die wetgewing leer en hoe om die wapen te gebruik.”

Dis groot pret. Alle ouderdomme is welkom. Bring jou gesin saam. Onthou net jou oorpluisies, want die wergalming kan hard raak! Navrae: 082-412-4499.

  • Sien meer foto’s hier

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button