Local sportSport

Vissers raap die derde keer groot prys op

Die span van die boot, Johmar het 'n nuwe hoogtepunt in die visvangboeke vasgepen toe hulle die eerste boot in die geskiedenis van die Onderberg se spesie-uitnodigingsbonanza geword het wat 'n driekuns behaal het.

Die 15de kompetisie het onlangs by Ponta Barra, Inhambane in Mosambiek plaasgevind. Vanjaar het 31 bote sake op die water uitgespook waar R360 000 op die spel was.

Johmar, onder leiding van Johan Maré, het aan die einde van die naweek as wenners uit die stryd getree.

Slegs roofvis en alle snawel- en koningvis-spesies word geteiken. Al die vis is dadelik vrygelaat nadat foto’s geneem en punte opgeteken is.

Gure weer het veroorsaak dat die eerste dag van die kompe-tisie afgelas moes word. Dit het ook swak vangste tydens die oorblywende drie dae van die kompetisie tot gevolg gehad.

Die vyf top-bote:
1. Johmar – 357 punte
2. Sail-la-Vie – 311,80 punte
3. Dois Amigos – 230,8 punte
4. Charlie’s Angel – 158,8 punte
5. Flying Tom – 143,6 punte.

Johmar se Fred Osmer het op die laaste dag die grootste roofvis, ‘n wahoe van 17 kilogram gevang. Met hierdie vangs het hy die Calcuttaprys van R15 500 gewen.

Die uitstekende gees onder die hengelaars en die puik organisasie maak hierdie kompetisie ‘n jaarlikse hoogtepunt. Dit was duidelik na afloop van die prysuitdeling toe die meeste pryswenners hul prysgeld van R100 000 aan ‘n seuntjie, Henno Smit van Piet Retief wat sy nek tydens ‘n fietsongeluk gebreek het, geskenk het.

Enige navrae: Gustav van Staden by 083-633-5388.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button