Local sportSport

Hulle ken die kuns van vooruit beplan

Die skaakspeler van Laerskool Laeveld, Emmerentia Booysen is volgens haar Solkoff-telling van 11½ by Curro se ope toernooi as die beste senior dogter gekroon.

Dié o/14-speler het algeheel sesde in haar ouderdomsgroep van 51 geëindig.

Die beste junior dogter-toekenning is aan Danté van Heerden van Curro Nelspruit College oorhandig, met ‘n Solkoff-telling van 13½.

Daar was ‘n hele paar eerstes by die afgelope naweek se toernooi: dit was die eerste plaaslike kompetisie en ook die eerste keer dat die o/8’s hul eie ouderdomsgroep gehad het. Die groentjies het gewoonlik saam met die o/10’s gespeel. Loubscher Paquet van Bergland het bo-aan die tabel geëindig met ‘n telling van 15. Die o/18’s was saam met die senior spelers gegroepeer. “Ons wil dié leerders uitsonder – hulle speel saam met seniors wat soms vreesaanjaend kan wees. Die manne gebruik die volle twee uur om een spel klaar te speel, wat baie konsentrasie verg. Die Ehlanzeni Skaak-federasie het besluit om die leerders meer blootstelling te gee om met elke geleentheid te kan verbeter,” verduidelik die sekretaris van Ehlanzeni Skaak, Karen Taljaard.

Johan Valks van Hoërskool Nelspruit het die o/18-afdeling gewen met ‘n Solkoff-telling van 15.

Die volgende toernooi vind op Saterdag 30 Mei by Laerskool Lydenburg plaas.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button