Local sportSport

Plaaslike speler verteenwoordig sy land in Australië

Dié rugbyfanatikus van Barberton het Woensdagaand saam met die SARL Rhinos na Australië vertrek om met van dié land se bestes kragte te meet.

Jaice Terblanche het teen dié tyd al geen bekendstelling nodig nie. Dié rugbyfanatikus van Barberton het Woensdagaand saam met die SARL Rhinos na Australië vertrek om met van dié land se bestes kragte te meet.

Die toer sal 13 dae duur. Hulle gaan ondermeer teen die Brisbane Broncos te staan kom.

Die doel is om soveel moontlik ervaring op te doen voor die einde van die jaar se kwalifiserende wedstryde vir die wêreldbeker. Terblanche sê dat hulle die afgelope tyd geweldig baie aan fiksheid en hul spanstruktuur gewerk het.

“Ons voel dat ons op standaard is om die Aussies goed opdraande te gee, of selfs te wen,” sê hy. Maar, omdat hulle nie die spanne só goed ken nie, kan die wedstryde enige rigting neem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button