
Dit is wat van Laerskool Witrivier se eerste netbalspan gesê kan word.
Dié dogters het Dinsdag met Laerskool Nelspruit 19-6 afgereken. Witrivier het gasheer vir agt rugbyspanne en 15 netbalspanne gespeel. Die Ford Nellie Leeus het moeiteloos met Witrivier se o/13 A-rugbyspan 29-12 afgereken.
Die Nellies se rugbyspanne het vyf wedstryde gewen, twee verloor en een gelykop gespeel.
Die besoekers se tweede span het óók met sakke vol selfvertroue op die veld gedraf en was met 36-0 baas.
Dit het maar patats met die res van Witrivier se netbalspanne gegaan – net die o/13 B’s, o/11 B’s en die eerste span het as wenners van die baan afgestap.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
