Local sportSport

Goeie sportman stap met trofee weg

Die jaarlikse Kambaku Presidentegholfdag wat onlangs plaasgevind het, was weereens 'n reusesukses met 68 spelers wat om die bestebalmedalje meegeding het en nie punte nie, maar houe die uitslag bepaal het.

Die veelsydige plaaslike sportman, Elias Caldeira en sy maat, Joau Cristovam, het gewys dat hy nie net ‘n formidabele fietsryer is nie, maar ook ‘n goeie gholfspeler. Met ‘n wentelling van 60 houe het hy die gesogte rooibok-wisseltrofee syne gemaak. Die eerste sewe wenpare het almal 65 of minder houe gespeel en genoeg vleis gewen. Biltong-en-droëworspakke is aan die wenners van die naaste aan die penne en langste dryfhoue gegee.

Die bekende plaaslike beesboer, Gerhard Basson het saam met plaaslike slagters hulle hande diep in die sakke gesteek om rooivleis te skenk. Dit was werklik ‘n spoggeleentheid.

Die Kambaku-gholfkalender is vir die volgende paar wintermaande vol bedrywighede en geborgde gholfdae. Die vroue kan solank die naweek van 6 en 7 Junie op hul kalenders merk vir Onderberg se twee damesgholfdae. Die twee dae sal onderskeidelik by Kambaku- en Malelane-gholfklub gespeel word.

UITSLAE VAN DIE AFGELOPE TOERNOOI

1ste Elias Caldeira en Joau Cristovam met 60 houe

2de Derick Concalves en Jacque Nel met 61 houe

3de Pedro Cristovam en Mauro Bucuchane met 62 houe

4de Jaco Botha en Meyer Horn met 63 houe

5de Roenel Basson en Martinette van Dyk met 65 houe

6de George Muller en Roelf Fritz met 65 houe

7de Henk Mostert en Roan Mostert met 65 houe.

Langste dryfhou – dames: Annette Lawson

Langste dryfhou – mans: Pierre Cronjé

Naaste aan die penne: Salidoor du Preez, Pierre Cronje, Werner en Roan Mostert.

Fotos:

1. Gerhard Basson, president, en Elias Caldeira wenner saam met Joau Christovam.

2. Martinette van Dyk, Roenel en Gerhard Basson.

3.Gerhard Basson, president saam met sy vrou Roenel.

4. Kambaku-presidentebeker – spoggeleentheid.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button