Local sportSport

Jong skuts is in die kol

Die meisies het veral goed gevaar en die seuns gewys hoe dinge gedoen moet word.

Die derde ronde van die Laeveldse Skoleskiet-streekskompetisie het verlede week by Hoërskool Bergvlam plaasgevind waar daar weer fyn gekorrel is om eerste plekke te behaal.

Skuts het in die lê-, kniel- en staanposisies aangelê en hulle akkuraatheid in elke item ten toon gestel.

Die meisies het veral goed gevaar en die seuns gewys hoe dinge gedoen moet word.

Franzel Theron van Hoërskool Rob Ferreira het ook met haar vaardighede beïndruk en die algehele eerste plek in die o/21-groep verower. Zanté Bensch het in die o/14-groep gewys waar Dawid die wortels gegrawe het toe sy ‘n hele paar skote in die kol gehad en met die eerste plek weggestap het. Leone Pretorius het die hoogste totaal in die o/16-kategorie aangeteken.

Uitslae:

o/14

1) Zanté Bensch (Robbies) – 1 152

2) Lee Buys (Robbies) – 1 108

3) Francois Theron (Robbies) –

1 081

o/16

1) Leone Pretorius (Bergvlam) – 1 313

2) Petri Visagie (Bergvlam) – 1 196

3) Nicolan Appasamy (Robbies)- 1 194

o/21

1) Franzel Theron (Robbies) – 1 353

2) Mari-Lois Nel (Robbies) -1 346

3) Leigh Douglas (Robbies) – 1 297.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button