Local sportSport

‘Bell-trein’ trap spanne se wengees

Nico Bell en JP Jung van RECM/Bells Cycling Midas het vir 'n dramatiese wending in die MTN Panorama-padfietstoer gesorg.

Teen die derde skof wat Maandag plaasgevind het, het hulle nog vierde gelê, maar met genoeg murg in hul pype het hulle die algehele titel verower.

Húlle het na die tydtoets, wat Dinsdag plaasgevind het, met ‘n gemiddelde spoed van 39,9 kilometer die voortou met meer as drie minute geneem en die roete onder ‘n uur in 57 minute voltooi. “Die was ons eerste padren as ‘n span. Ons was nie ver agter die voorlopers nie en ons het eers op die laaste dag opgevang. Dit was beslis die moeilikste skof gewees – ons bene was seer en ons energievlakke was laag,” vertel
die ryers.

JP Jung.

Die “Bell-trein” soos hulle deesdae bekend staan, vertel verder dat hulle ingeskryf het met die doel om te wen. “Die kompetisie was nie vanjaar so straf gewees nie, maar ons het geweet ons sal moet slim ry om die algehele eerste plek te verower.”

Greef Moolman en Franco Ferreira het 01:41 na Bell en Jung die tweede plek ingeneem, Kevin Patten en Adolph Krige die derde plek in 01:00:18 en Alan Gordon en Samuel de Swardt die vierde plek in 01:00:58.

Die 10de been van die toer het verlede week in Witrivier plaasgevind.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button