Local sportSport

Robbies vertoon goed teen Meresnky op tuisvelde

frigters en spelers van beide skole was wel slaggereed vir elke wedstryd met die oog op die nuwe rugby-, netbal- en hokkieseisoene wat tans prioriteit op die skoolsportkalender geniet.

Sport was op die ou einde die grootste wenner verlede Saterdag by Hoërskool Rob Ferreira toe Hoërskool Merensky vir vriendskaplike rugby-, hokkie- en netbalwedstryde besoek afgelê het.

Hierdie kragmetings was almal vriendskaplik met die spanne wat goeie wedstrydervaring opgedoen het. Afrigters en spelers van beide skole was wel slaggereed vir elke wedstryd met die oog op die nuwe rugby-, netbal- en hokkieseisoene wat tans prioriteit op die skoolsportkalender geniet.

Die wedstryd van die dag was sonder twyfel die kragmeting tussen die twee trotse skole se eerste rugbyspanne. Tzaneen het ‘n naelskraap 22-21 oorwinning oor hul Laeveldse teenstanders behaal wat die tuisskare op hul voete gehad het.

Robbies se tweede rugbyspan het wel vroeër in die oggend vir Merensky met ‘n 33-0 oorwinning op die neus laat kyk.

Dieselfde kan nie van Rob Ferreira se hokkiespanne gesê word nie, wat nie een enkele wen kon behaal nie. Hul eerste span kon wel 0-0 teen Merensky speel danksy goeie taktiese verdediging en vasbyt op die veld.

Robbies se netbaldogters kon wel vir Merensky ore aansit met die o/16 en o/14- spanne wat goeie oorwinnings behaal het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button