Local sportSport

Hindernisse sorg vir heelwat pret

Die "Greenkeeper's revenge"-toernooi is Donderdag 30 April by Nelspruit Gholfklub gespeel.

Die laaste naweek voor die legendariese Jock of the Bushveld gholftoernooi wat Maandag afgeskop het, kon spelers verlede week ‘n bietjie pret hê op die baan.

Die “Greenkeeper’s revenge”-toernooi is Donderdag 30 April by Nelspruit Gholfklub gespeel.

Ryk Lacock, die bestuurder sê die baanopsigter Chris Grobler kon sy “wraak” neem deur die baan moeiliker as gewoonlik te maak.

Die plasing van die bowwe en putjies is normaalweg tydens kompetisies onderhewig aan regulasies, maar nie tydens hierdie prettige toernooi nie.

Dan kan die baanopsigter die sleutelpunte skuif na ongelyke areas en ongewone plekke.

Die plasings verseker dat spelers onder moeiliker omstandighede hul gholfballe moet sink.

Volgens Lacock was die doel van die spel nie om kompeterend te wees nie, maar bloot om pret op die baan te geniet.

  • Sien meer foto’s hier

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button