Dapperstes ruk op vir die Jock-gholftoernooi
Van oraloor het van die Laeveld se dapperste gholfspelers aan die 48ste Jock of the Bushveld-toernooi wat op Nelspruit Gholfbaan plaasgevind het, kom deelneem.

Dit was 1 100 spannende rondes waaraan meer as 600 spelers oor die sewe dae deelgeneem het. Tommy Steel, Paul Swart, Antonie Manser en Wessel Mellet was op die eerste dag, wat in ‘n vierbalformaat gespeel is, baas.
“Die weer het goed saamgewerk en die spelers kon elke dag voltooi. Vanjaar was uiters suksesvol met heelwat meer rondes wat gespeel is as verlede jaar en kunstenaars soos Elmé, Dewald Dippenaar, Pieter Smit, Johan Sevenster en Gibraltar Rock Band wat ons die week vermaak het,” sê die bestuurder van die baan, Ryk Lacock.
Spelers soos Monty de Smit, John Luyt, Tony Barnard en Slang de Lange spog met oor die 40 Jock-toernooie agter hul name.
Wenners
Dag 1 – FNB, vierbal-alliansie
• Tommy Steel
• Paul Swart
• Antonie Manser
• Wessel Mellet
Dag 2 – SAB, Stableford
• A-divisie – Lourens Verdoes
• B-divisie – Stan Mitchell
Dag 3 – C&R Enterprises, Stableford
• A-divisie – Hentie Saayman
• B-divisie – Corrie van Niekerk
Dag 4 – Renasa, Stableford
• A-divisie – Cokin Nicholls
• B-divisie – Nicky Geere
Dag 5 Klipdrift – Stableford
• A-divisie – Chris de Lange
• B-divisie – Bob Alexander
Dag 6 – Nelspruit Golf Club, Stableford
• A-divisie – Bruce Nieuwenhuys
• B-divisie – Sanet Geere
Dag 7 – Nelspruit Golf Club, individuele medalje 36 gaatjies
• Beste gros – Steve Cullen
• Beste nett – Solly Mmila.
