Local sportSport
Rhinos word in hulle spore gestuit
As die dobbelstene die dag nie reg val nie, is daar niks wat jy daaraan kan doen nie.
Dit het Hoërskool Nelspruit se Rhinos die afgelope naweek in die Tuks-reeks uitgevind toe hulle in die eindstryd van die skolereeks 31-26 teen Garsfontein vasgeval het. Die Laevelders het in die vorige twee kragmetings teen die Pretorianers gewen. NHS het vir posisies drie en vier gespeel.
Die seuns se o/14- en o/16 A-hokkiespanne het in die algehele eerste plek geëindig nadat die spanne onderskeidelik teen Rustenburg en Garsfontein gelykop gespeel het en die trofeë vanjaar deel.
Laevelder het reeds verlede week oor die tennis, muurbal en gholf se puik prestasies berig.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
