Local sportSport

Spelers vier Werkersdag op die golfbaan

Gholfspelers het op 1 Mei ten bate van SAVF Rustig Ouetehuis Werkersdag op die Witrivier Gholfklub se baan gevier.

Die jaarlikse gholfdag was weereens ‘n groot sukses en die spelers het die dag op die baan baie geniet. Daar is ‘n bestebal- Stableford-formaat gespeel en spanne van vier elk het deelgeneem.

Johan Haasbroek en Francois Gerber is as wenners aangewys, met Arthur Douglass en Rudi Nel op hul hakke. Bertie de Clerck en Eben Stone was in die derde plek.

Wynand en Jan Hattingh is as die swakste spelers aangewys en het tot hul groot vermaak ‘n sak aartappels as troosprys ontvang. Barry Shum was die wenner van die trekking vir ‘n Chivas-geskenkpak en het ook as afslaer tydens die veiling opgetree. Verblyf by Sabie River Sun en Kruger Park Lodge het onder die hamer gekom en twee spelers moes hulle hande diep in die sakke steek daarvoor.

Rustig Ouetehuis wil graag al hul lojale borge in Witrivier en Nelspruit bedank wat die gholfdag elke jaar baie goed ondersteun. “Sonder hulle kan ons nie vir die oumense gee wat hul nodig het nie,” vertel Hannatjie Douglass.

Die dag dien dan ook as fondsinsameling sodat die ouetehuis se fasiliteite en sekuriteit opgeknap kan word.

Blaai deur foto’s van die geleentheid hier.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button