Kleuters woeker tog te lekker op die baan
Ongeveer 320 kleuters het hulself gate uit geniet tydens Alan Hudson Motors se gr. R-pretletiekdag.

Dit het Saterdag by Laerskool Laeveld se sportgronde plaasgevind waar Wip en Snip, Vuurvliegies vir Jesus, Kriewelkousies, Stropieland, Cecilia van Wijk, Moemin Vallei, Acasia Voorskool, Little Souls Montesorri, Jungle Tots, Creative Minds Montesorri, Chirpy Kleutersentrum en Laeveld Lollies deel van die pret was.
Die skole is in groepies opgedeel waar hulle aan vier verskillende aktiwiteite deelgeneem het. Dit het ‘n hindernisbaan, die kruiplaagte, piekniek in Lollieland, spring-en-wip-hoekie (springkastele) en Run 4 the Fun (60-meter, hekkies en -fiestry) en Wippie gaan na Sand City ingesluit.
Elke kleuter het ‘n goue medalje vir hul deelname huis toe geneem.
Loer hier na die pret:
Kleuters neem deel aan pretdag
