Local sportSport

Nellies stoomroller voort

Laerskool Nelspruit se eerste rugbyspan, die Ford Nellie Leeus, het verlede week hul onoorwonne status in die Laeveld gehandhaaf nadat hulle Laerskool Bergland in nat toestande 27-14 geklop het.

Aan die einde van die dag was dit die Ford Leeus wat by die toestande aangepas en hul kanse beter benut het.

Trouens, die Nellies het oor die algemeen ‘n goeie dag op die sportveld teen Bergies gehad. Laerskool Nelspruit se rugbyspanne het vier uit ses wedstryde gewen.

Rugby-uitslae
• o/9: Nellies 44 – Bergies 0
• o/10: Nellies 5 – Bergies 10
• o/11: Nellies 32 – Bergies 7
• derde span: Nellies 36 – Bergies 0
• tweede span: Nellies 5 – Bergies 7
• eerste span: Nellies 27 – Bergies 14.

Netbaluitslae
• o/9 A: Nellies 11 – Bergies 1
• o/9 B: Nellies 10 – Bergies 1
• o/9 C: Nellies 12 – Bergies 0
• o/10 A: Nellies 11 – Bergies 12
• o/10 B: Nellies 7 – Bergies 6
• o/11 C: Nellies 12 – Bergies 2
• o/13 C: Nellies 21 – Bergies 1.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button