Local sportSport

BHS-rugbyspelers laat Curro les opsê

Hoërskool Barberton se spanne het 'n suksesvolle naweek van sport agter die blad.

Saterdag het hulle op hul tuisveld teen Curro kragte gemeet en rugby, netbal en hokkie gespeel.

Die o/15- en tweede span het Curro in die stof laat byt toe hulle die besoekers 17-5 en 53-0 geklop het. Dillan Hesselman was die speler van die wedstryd vir die o/15’s en Taphelo Mlangeni vir die tweede span.

Seuns wat gesorg het vir die agt drieë wat gedruk is, was Thapelo Mlangeni (2), Daclan Zitha (2), Stefan Swanepoel, Matheus Oberholzer, Reinhard Swart en Elmar Nolte. Vyf van die drieë is deur Elmar verdoel.

Ondanks Curro se moedige probeerslae, kon hulle maar net nie die spelers van BHS klop nie.

Netbaluitslae en spelers van die wedstryd

• o/14 A – gelykop 12 elk, Tema Shabangu
• o/14 B – verloor 4-13, Jabulile Nkosi
• o/15 A – wen 13, Precious Mabuza
• o/15 B – verloor 3-10, Palesa Zulu
• o/17 A – wen 30-2, Polite Twhala

• Jathira-eerstespan – wen 11-10, Amanda Lubisi.

Hokkie-uitslae en speler van die wedstryd

• o/14 – verloor 2-1, Goodness Sambo
• o/15 – wen 4-1, Shaan-Lee Putter
• Ford-eerstespan – verloor 4-2, Megan du Plessis.

BHS se atlete het weereens uitgeblink toe hulle aan landloop by Ingenyama Logde in Witrivier deelgeneem het.

Tydens hierdie wedloop is die atlete wat vir die nasionle kampioenskappe kwalifiseer wat op 6 Junie in Tzaneen gehou sal word, gekies.

Drie atlete, Bongani Nkosi, Siphesihle Msibi, Nhlanhla Magula asook hul afrigter, Renatha de Jager, sal Mpumalanga in Tzaneen verteenwoordig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button