Local sportSport

Plaaslike klub lewer twee kampioene op

Witrivier Skopboks se Linda van Staden en Dyllan Whitfield is die nuutgekroonde Suid-Afrikaanse kampioene.

Die nasionale skopbokskampioenskappe het onlangs in Sunningdale, Blouberg plaasgevind. Van Staden het vir die tweede agtereenvolgende jaar die gesogte titel verwerf.

Die res van die lede wat deel van die Mpumalanga-span was, het almal hul harte uitgeveg. Dit was beslis een van die grootste kampioenskappe nog met meer as 590 atlete wat deelgeneem het.

Op Saterdag 20 Junie bied Witrivier hul jaarlikse toernooi in hul saal aan. Die span wat die Laeveld verteenwoordig het is Linda van Staden, Elmarie Cornelius, Jaco Cornelius, Petrie van der Merwe, Sias Kruger, Francois Botha en Dyllan Whitfield.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button