Local sportSport

Jong seuns en dogters geniet sportdag

Altesaam 564 dogters en 467 seuns het Saterdag op Laerskool Nelspruit se sportgronde vir dié jaarlikse joligheid saamgetrek.

Die Laeveld Versekerings Makelaars (LVM) se Krokonelletjie en Krokodilletjie-dag was nie net vir die kleintjies groot pret nie, maar ook vir die ondersteuners op die kantlyn.

Altesaam 564 dogters en 467 seuns het Saterdag op Laerskool Nelspruit se sportgronde vir dié jaarlikse joligheid saamgetrek.

Laerskole Nelspruit, Clivia, Belfast, Komatipoort, Witrivier, Laeveld, Barberton, Nelspruit Primary, Curro Nelspruit, Kwetternes, en Klipspringer Kleuterskool was betrokke.

Die netbalspanne het aan twee rondes van sewe minute elk deelgeneem en die eerste wedstryd het om 08:30 afgeskop. Elke dogtertjie het haar beste gegee en die spel saam met haar spanmaats gate uit geniet.

Die rugbydag bied aan die o/6’s, o/7’s en o/8’s die geleentheid om vaardighede te ontwikkel en deel te neem sonder enige kontak, deur die gebruik van gryp-rugby (die aftrek van een van die twee linte vanaf die baldraer se gordel). Wanneer die baldraer se lint gegryp word moet hy binne drie sekondes of na drie treë die bal na ‘n spanmaat aangee. Dié vereenvoudigde spel fokus op deelname en genot.

Laerskool Nelspruit wil graag vir elkeen wat betrokke was, baie dankie sê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button