Local sportSport

Jong fietsryers vertoon goed by vanjaar se eerste Das Auto

Altesaam 317 fietsryers, oud en jonk, het aan dié eerste van vyf reekse deelgeneem.

Die 35-jarige Nohan van Tonder was die algehele wenner van die 50-kilometer Das Auto-wedren wat Saterdag op Penryn College se veeleisende roete plaasgevind het. Hy het onder twee uur, in 01:58:24 klaargemaak.

Altesaam 317 fietsryers, oud en jonk, het aan dié eerste van vyf reekse deelgeneem. Die roete was oor die algemeen vinnig met sandpad wat ‘n paar van die deelnemers in hul spore gestuit het.

Soos gewoonlik het Jooste Coetzee eerste oor die eindstreep in die sprog- afdeling gejaag en in ‘n tyd van 43:43 klaargemaak. Waldo Potgieter was in die tweede plek in 46:01.

‘n Deelnemer wie se naam óók genoem moet word, is James Goosen. Hy het die goue medalje in die junior afdeling uit agt ryers ingepalm en onder ‘n uur, in 59:29, klaargemaak.

Nog ‘n groot talent, Mandie Swart, het haar afdeling in ‘n tyd van 01:13:01 gewen.

Alhoewel sy die enigste junior deelnemer was, het sy die vinnigste tyd in die 25 kilometer gehandhaaf. Net ses vroue kon daarin slaag om die 50-kilometer te voltooi en hier het Vivienne Turvey (50) die vinnigste tyd in 02:38:05 opgestel.

Die volgende been van die reeks vind op Saterdag 20 Junie, ook by Penryn College, plaas.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button