Leerders beloon vir verkope
Dit is nie net die sport-sterre wat verseker het dat Hoërskool Nelspruit (NHS) derde uit 16 skole in die Tuks-skolereeks geëindig het, wat vir hul harde werk beloon is nie.

Die vyf leerders wat die meeste Tuks-reekskaartjies verkoop het, het Maandag tydens die skool se saalbyeenkoms erkenning ontvang en ongelooflike kontantpryse losgeslaan.
Bianca van der Merwe, ‘n gr. 12-leerling, het 256 boekies Tuks-reekskaartjies verkoop en R10 000 vir haar verkoopsvernuf in haar sak gesteek. Nog ‘n leerder, Fabio van der Westhuizen (gr. 9), het ‘n allemintige 116 boekies verkoop en R6 000 ingepalm.
Ander leerders wat verseker het dat die reeks goed deur die plaaslike gemeenskap ondersteun is en prysgeld ontvang het, is:
• Telane Ludeke (gr. 8) 64 boekies – R3 000
• Enrico Meyer (gr. 10) 42 boekies – R1 500
• Ewald Putter (gr. 8) 21 boekies – R500.
Die twee klasse wat die meeste kaartjies verkoop het was gr. 8H en gr. 12C.
