Local sportSport

Plaaslike stoeiers oppad na die land van die Farao

Die manne kry hier die kans om onder die eerste drie in Afrika te eindig, en dan in die wêreldkampioenskappe wat in Brasilië plaasvind, mee te ding.

Nelspruit Stoeiklub se Johnny Smit en Hansie Kruger is eersdaags op pad na die Afrika Kampioenskappe wat in Egipte plaasvind.

Johnny gaan as kadetstoeier in Grieks-Romeins in aksie wees en Kruger gaan as die span se afrigter. Johnny het tydens die nasionale proewe wat in Secunda gehou is, vir die toernooi gekwalifiseer.

Hy het ‘n tweede plek in Grieks-Romeins verower. Alhoewel net die eersteplekke die kans kry om Egipte toe te gaan, het sy teëstander, Zander Coetzee, vir twee style gekwalifiseer.

By die Afrika-kampioenskappe kan ‘n stoeier egter net aan een styl deelneem. Zander het die vrystyl óók gewen en moes kies waar hy sy land wil verteenwoordig.

Die manne kry hier die kans om onder die eerste drie in Afrika te eindig, en dan in die wêreldkampioenskappe wat in Brasilië plaasvind, mee te ding.

Zander het verlede jaar in sy eerste Suid-Afrikaanse toernooi gestoei en het ‘n brons in die Grieks-Romeinsafdeling vir seuns o/15 losgeslaan.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button