Dis klippe kou op die sportvelde
Met die wintersportseisoen goed op dreef, begin strawwe kompetisie nou aan die orde van die dag raak.

Met die wintersportseisoen goed op dreef, begin strawwe kompetisie nou aan die orde van die dag raak. Laerskole Witrivier en Laeveld het onlangs op eersgenoemde se velde kragte gemeet en dit was duidelik dat die seisoen tussen dié twee skole nog baie interessant gaan raak. Op die rugbyveld het die besoekers vier van hulle sewe wedstryde kaf gedraf, terwyl Witrivier slegs drie kon wen. Op die netbalbane was die kompetisie ewe straf, maar hier het Witrivier weer die die oorhand geneem.
Hier is die uitslae:
Rugby
O/9 A: Witrivier wen 17-7
O/9 B: Witrivier wen 32-0
O/10: Laeveld wen 21-5
O/11: Witrivier wen 34-0
Derdes: Laeveld wen 20-10
Tweedes: Laeveld wen 45-18
Eerstes: Laeveld wen 12-8.
Netbal
O/9 A: Laeveld wen 11-1
O/9 B: Laeveld wen 6-0
O/10 A: Laeveld wen 17-4
O/10 B: Witrivier wen 12-3
O/11 A: Wirivier wen 9-7
O/11 B: Witrivier wen 5-4
O/12 A: Laeveld wen 28-9
O/12 B: Witrivier wen 8-6
O/13 A: Witrivier wen 24-16
O/13 B: Witrivier wen 15-12.











