Local sportSport

Groot eer vir jong sportsterre

Laerskool Laeveld se Yoli Selowe is in die finale o/13 Puma-netbalspan ingesluit.

Haar skoolmaats, Luané Nagel en Saartjie Breytenbach is as reserwes vir die o/12-span gekies. Dié dogters neem aan die einde van Junie aan ‘n toernooi by EG Jansen deel.

Op die rugbyveld maak die manne hul skool net so trots.

Tijhan van der Walt en PJ Coetzee het die o/12-Pumaspan gehaal.

Tijhan van der Walt en PJ Coetzee.
Tijhan van der Walt en PJ Coetzee.

Hulle gaan in Vereeniging deelneem. In die o/13-groep het Simon Joubert en Ivan Blignaut óók die Puma-groep van 44 gehaal. Daar wag nog vir ampetlike bevestiging of hulle in die A- of B-span te siene gaan wees.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button