Local sportSport

Nelspruit mors met opponente

Saterdag het die Nelspruit Rugbyklub die manne van Barberton met 85-27 vermorsel.

Die vyfde ligaronde van die Laeveld-klubrugby het op Nelspruit se velde plaasgevind. “Ek dink die oomblik was net te groot vir ons. Ons het tot voor dié wedstryd tweede op die punteleer gelê en het tot dusver regtig goed gedoen. Ons het aan die begin van die jaar ‘n vriendskaplike wedstryd teen Witrivier gespeel waar ons gewen het, en in die eerste ronde van die liga het ons net-net teen hulle verloor,” verduidelik die kaptein van die besoekers, Jaice Terblanche.

Nelspruit se tempo en akkuraatheid was deurgaans beter as hul teëstanders gewees en die tuisspan het hul geleenthede goed benut.

“Ons agterlyn was deurslaggewend en ons ondersteunende spel was puik. Die voorspelers wat heeltyd op die voorvoet was, moet ook krediet gegee word,” het die afrigter van Nelspruit, Gunther Swart na die tyd gesê.

Barberton het die eerste en die laaste drie van die kragmeting aangeteken. “Ons gaan beslis die week aan ons verdediging werk en ‘n hele paar van ons sleutelspelers keer van beserings terug. Ons sal die naweek baie meer kompeterende rugby speel,” vertel Terblanche verder.

Laevelder was daar om die aksie vas te vang: Nelspruit stof Barberton in ‘n japtrap af

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button