Local sportSport

Skopbokser sterk op pad na glorie

JG het amper nie aan die nasionale kampioenskappe deelgeneem nie, nadat hy vroeër die jaar 'n ernstige rugbybesering opgedoen het.

JG Pansegrouw het die Laeveld se naam hooggehou toe hy by die Nasionale skopbokskampioenskappe ‘n algehele derde plek in sy ouderdomsgroep behaal het.

Die kampioenskappe het vanaf 1 tot 3 Mei in Kaapstad plaasgevind waar die land se beste junior skopboksers mekaar die stryd aangesê het.

JG het amper nie aan die nasionale kampioenskappe deelgeneem nie, nadat hy vroeër die jaar ‘n ernstige rugbybesering opgedoen het.

Volgens sy ma, Susan, was dit amper of al JG se harde werk om vir die SA’s te kwalifiseer daarmee heen was.

“Die dokter het gesê hy mag vir agt weke nie deelneem nie. Gelukkig het hy in daardie week voor die kampioenskappe herstel,” noem sy.

JG is tans ‘n leerling by Laerskool Nelspruit, maar beoefen die sport by die Barberton Kickboxing-klub.

Hy beoefen nou al vir twee jaar hierdie kontaksport, omrede hy ‘n sport gesoek het wat hom fisies fiks hou en ook voordelig vir die ander sportsoorte is wat hy beoefen.

“Ek wou eers begin boks het, maar toe word ek aan skopboks bekendgestel en dit het vir my lekker gelyk.

“Ek doen dit al vir twee jaar en geniet elke oomblik daarvan.”

“Dit raak elke jaar harder en moeiliker maar dit motiveer ‘n mens om harder te werk.”

Volgens JG help dit nie om net te skop en te slaan en heeltyd aggresief te wees nie.

“‘n Mens moet weet wanneer om aan te val en wanneer om te verdedig. Die belangrikste is om aan te hou met verskillende kombinasies,” noem hy. JG was derde in die ligtekontak-dissipline en het juis in sy gunstelingdissipline uitgeblink.

“Ek hou die meeste van die ligtekontak, omdat dit ‘n mens fiks hou en baie dissipline leer.”

“Ek is dankbaar vir my afrigter,

Brandt Ehlers. Hy het my baie gehelp om te kom waar ek nou is,” voeg hy by.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button