Gemeente se gholfdag nie net vir spelers nie
Fondse wat ingesamel is, het hoofsaaklik tot die aankoop van nuwe matte vir die kerk bygedra.
Die jaarlikse Communio Kerk Gholfdag het Vrydag by Nelspruit Gholfklub plaasgevind waar die gemeenskap se gholfentoesiaste hul stokke vir ‘n goeie doel kon swaai.
Fondse wat ingesamel is, het hoofsaaklik tot die aankoop van nuwe matte vir die kerk bygedra. “Ons het twee jaar gelede ons die eerste gholfdag gehou en sedertdien het dit in ‘n jaarlikse fondsinsamelingsprojek ontwikkel,” het Yolande Nel van Communio Kerk genoem.
Hierdie jaar het die gemeente as deel van hul “City Changers”-mandaat ook die doel gehad om die hele gemeenskap by die gholfdag betrokke te laat raak. “Daar het 130 spelers deelgeneem en elke jaar word dit groter,” het Nel bygevoeg.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens was ook daar sodat die gemeenskap hulle ook kon ondersteun.
