Local sportSport

Nelspruit speel Rooikatte van die veld af

Die tuisspan kon hulle pas volhou en het nie net hul opponente nie, maar ook toeskouers dronk gespeel met die reëlmaat waarmee hulle punte kon aanteken.

Nelspruit Rugbyklub se eerstes het Saterdag korte mette van die besoekende Rooikatte van Lydenburg gemaak.

Die wedstryd het om 16:00 afgeskop en is goed ondersteun, maar dit kon steeds nie die Rooikatte se velle red nie. Hulle moes met 100-5 die knie buig, nadat hulle teen rustyd met 53-0 agter was.

Dit was vroeg reeds duidelik dat Nelspruit ‘n driesyfertotaal sou kon behaal. Die spelers was skaars twee minute op die veld voor die streeptruie die doellyn vir die eerste van vele drieë oorgesteek het. Hulle kon boonop hierdie pas volhou en het nie net hul opponente nie, maar ook toeskouers dronk gespeel met die reëlmaat waarmee hulle punte kon aanteken.

Nelspruit se afrigter, Gunther Swart, het na die tyd gesê hy dink nie dis altyd ‘n gesonde ding om so ‘n groot telling op te stel nie.

“Aan die ander kant is enige wedstryd beter as geen. Die tempo van die eerste helfte was goed en dit is verseker ‘n positiewe aspek.

“Ons samespel en ondersteunende spel was ook weereens goed. Ons kombinasies in die posisies vul mekaar goed aan.

“Ek voel wel dat ons nog moet huiswerk doen op ons vaste fassette. Gelukkig was daar geen beserings nie en ons kan weer volstoom begin voorberei vir ‘n wegwedstryd teen Malelane die naweek.”

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button