Spelers toon goeie sportmanskap
Altesaam 160 junior tennisspelers het barshoue by die afgelope Mpumalanga Mini-tweetoernooi gespeel.
‘n Hele paar besoekende spelers van onder andere Gauteng, Limpopo en Mosambiek het saam met Mpumalanga deelgeneem.
“Ons kan nie altyd wen nie, maar dit gaan oor hoe en in watter gees jy die wedstryd voltooi. Ons Laeveldspelers het deurentyd karakter gewys, al het hulle nie altyd as wenners van die baan gestap nie,” vertel Leatitia Fourie, sekretaris van die Laeveld Junior Tennis.
Die volgende toernooi, die geslote-vier, begin vandag op onderskeidelik Van Riebeeckpark, Matumi en Hoërskool Nelspruit se bane. Die interdistrikte-span sal na afloop van die toernooi (Saterdag) aangekondig word.
Uitslae – enkels
Dogters o/10, enkel
Arili Boshoff vs Natasha Lee Wales – Natasha Lee Wales wen 5-4
Dogters o/12, enkel
Michelle Boshoff vs Ruchelle van Heerden – Michelle Boshoff wen 6-0, 6-2
Dogters o/14, enkel
Marieta Nhamitambo vs Clarissa Boshoff – Marieta Nhamitambo wen 6-2, 6-1
Dogters o/18, enkel
Desiree Jordaan vs Claudia Verita – Claudia Verita wen 6-1, 6-0
Seuns o/10, enkel
Jovan Lubbe vs Daniel Tulgara – Jovan Lubbe wen 5-4
Seuns o/12, enkel (goud)
Robert Ferreira vs Ricardo Jorge Jacinto – Ricardo Jorge Jacinto wen 1-6, 6-0, 15-13
Seuns o/12, enkel (platinum)
Aleksander Simovski vs Loago Saleshando – Aleksander Simovski wen 6-4, 6-1
Seuns o/18, enkel
Johan Christiaan Ebertson vs Marco Knobel – Johan Christiaan Ebertson wen 6-0, 6-2.
