Local sportSport

Pumas geniet ‘n ruskans

Die Steval Pumas word tans 'n welverdiende blaaskans gegun na 'n uiters suksesvolle seisoen op die rugbyveld.

Die Laevelders het Sondag by KMI-lughawe met die Vodacombeker geland nadat hulle die DHL Westelike Provinsie in die eindstryd van die toernooi met 24-7 getroef het. Hier is een van die Pumas se mees belowende aanwinste, Justin van Staden.

Die blondekop het altesaam 30 punte, wat nege strafskoppe en vier doelskoppe insluit, die afgelope seisoen deur die pale geklits. Hy het homself einde verlede jaar in Mbombela tuisgemaak nadat hy vir die SWD Arende gespeel het. Hy was ook deel van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit se Varsitybekerspan.

Die Pumas begin oor twee weke weer volstoom oefen met die oog op die Curriebeker wat vroeg in Augustus afskop.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button