Local sportSport

Nellies se eerste kraai koning teen Middelburg

Die o/14A-rugbyspan van Hoërskool Nelspruit het 'n weghol-sege van 73-12 teen Hoërskool Middelburg (MHS) die afgelope naweek behaal.

Die derde been van die Mpumalanga skoleliga het Saterdag op NHS se sportgronde plaasgevind en die meeste van dié skool se spanne het geseëvier.

NHS se Rhinos XV het na hul naelskraapse nederlaag teen HTS Middelburg met ‘n goeie oorwinning van 34-10 hul stempel afgedruk. Drieë is deur Marnus van der Merwe, Arno Broekman, Dewald Maritz, Jaco Joubert en Dawid Joubert aangeteken. Wessel Muller het met sy skopskoen nege waardevolle punte bygedra.

NHS se rugbyspanne het sewe uit nege wedstryde gewen en hulle posisie in die Mpumalanga halfeind- en eindstryd-uitspele, wat Saterdag op NHS se tuisvelde plaasvind, verseker.

Die besoekers van Middelburg se dogters kon ook nie op die hokkieveld die Nellies se segetog stuit nie en hul eerste span het ‘n lelike pak slae van 6-0 gekry en die tweede span het ook met 4-0 geseëvier.

NHS se netbalspanne het goed presteer en in vyf uit die ses tuiswedstryde koning gekraai. Die eerstes het 37-19 met hul teëstanders afgereken.

NHS se B- en C-netbalspanne het óók Saterdag aan die Ehlanzeni-uitspele op Hoërskool Rob Ferreira se netbalbane deelgeneem en 15 uit die 19 wedstryde gewen.

Die tweede span, o/17B, o/16B, o/15B en o/14C het na die MSN-kampioenskappe wat op 13 Junie in Witbank plaasvind, deurgedring.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button