Netbaldogters kook tydens kampioenskappe
Dit was 'n netbalfees soos min gedurende die Ehlanzeni Netbalkampioenskappe A1 en A2 wat op Saterdag 6 Junie by Hoërskool Rob Ferreira plaasgevind het.
Hoër- sowel as laerskole het in 17 rondes teen mekaar meegeding om te sien wie Ehlanzeni in die Mpumalanga-netbalkampioenskappe in eMahlahleni op 20 Junie gaan verteenwoordig.
Hoërskool Rob Ferreira se netbaldogters het veral puik presteer. Die o/14-, o/15- en o/16-spanne het almal eerste in hulle streek (A2) geëindig. Die o/18’s het deurgedring ten spyte daarvan dat hulle met 21-16 teen Hoërskool Bergvlam verloor en sodoende tweede geëindig het.
Laerskool Witrivier se o/13 A-span het ook goed presteer en bo aan die punteleer met ‘n 10-9-oorwinning teen Laerskool Nelspruit geëindig.
Ehlanzeni-uitspele vir A1- en A2-liga uitslae:
Rob Ferreira
O/14: 1ste in streek (A2) Rob 12 – Lowveld High 10
O/15: 1ste in streek (A2) Rob 12 – Hoërskool Bergvlam 9
O/16: 1ste in streek (A2) Rob 13 – Hoërskool+ Barberton 12
O/18: 2de in streek (A2) Rob 17 – Hoërskool Bergvlam 21.
Laerskool Witrivier
O/11: Vierde in streek (A1)
O/13: Eerste in streek (A1) Witriver 10 – Laerskool Nelspruit 9.
