Laeveld sluit hulle seisoen in styl af
Laerskool Laeveld het verlede week hul laaste wedstryde vir die seisoen teen Laerskool Lydenburg gespeel.

Die eerste rugbyspannetjie van Laeveld het dit op ‘n hoë noot afgesluit deur Lydenburg met 27-14 gewen. Die tweedes het net-net met 5-7 teen die besoekers vasgeval.
Die o/13A-netbalwedstryd was ‘n naelbyter en beslis een van Laeveld se hoogtepunte. Net voor die eindfluitjie, het die tuisspan met slegs een punt, 19-18, koning gekraai.
Uitslae
Rugby
O/9A: Laeveld 17 – Lydenburg 5
O/10A: Laeveld 12 – Lydenburg14
O/11A: Laeveld 12 – Lydenburg 17
Tweedes: Laeveld 5 – Lydenburg 7
Eerstes: Laeveld 27 – Lydenburg 14
Netbal
O/9A: Laeveld 12 – Lydenburg 1
O/9B: Laeveld 6 – Lydenburg 4
O10A: Laeveld 18 – Lydenburg 7
O/10B: Laeveld 7 – Lydenburg 12
O/11A: Laeveld 3 – Lydenburg 20
O/11B: Laeveld 3 – Lydenburg 23
O/12A: Laeveld 11 – Lydenburg 16
O/12B: Laeveld 11 – Lydenburg 10
O/13A: Laeveld 19 – Lydenburg 18
O/13B: Laeveld 16 – Lydenburg 18
